Saturday 8 September 2012

Ek steek my nek uit en vertaal "National Braai Day Anthem"

Ek is nie op hoogte met Suid-Afrikaanse musiek nie en het die eerste keer van die "National Braai Day Anthem" gehoor toe ek dit moes vertaal as deel van ‘n lewensvaardighede-handleiding vir skole. Die musiekgroep Die Heuwels Fantasties (van wie ek ook nog nooit gehoor het nie – ek’s waarlik ‘n kulturele barbaar) het dit spesiaal geskryf vir Suid-Afrika se nie-amptelike feesdag, Nasionale Braaidag. Ek is gevra om  in die vertaling die strekking van die liedjie in Afrikaans weer te gee. Ek het dit vir laaste gelos, want ek kon nie dink hoe nou gemaak met hierdie kultuurtoffie nie. Groot was my verbasing toe ek die toffie nogal geniet. Hier volg my weergawe van die liedjie – Volkslied vir Nasionale Braaidag:

Vers 1
Dis nou Lente in suidelike Afrika
G'n wolk is innie lug
Net vlamme kaats in ons oë
Asof almal weet watter tyd dit nou is
Tyd vir ‘n braai
Tyd om die pret op te draai

Refrein
Ek hoor daai stemme tot laat die nag
Almal is saam en ons voel oukei, oukei
Ek kyk na almal in die goue lig
Almal is saam en ons voel oukei, oukei
Ons voel oukei, hoop julle voel oukei ouens...

Vers 2
Almal staan saam om die vreugd’vuur
Lig onse glasies na die held’re blou lug
V'tel my jou se storie, dan v'tel ek van my
Dan word dinge beter en dan voel ek vry

Refrein

Die Brug
Dink aan ‘n groot klomp mense daar by my plek
Almal so rustig. Re dibusa (hang ons uit) by die vuurmaakplek
Ek agter in die huis. Marineer op die braaivleis
Beer is in die KEG, Pierre hy dra die kaste wyn uit
Almal ken da van, O jo re rata go braaya (ons hou van braai)
As jy nie plek het chessa nyama o kaya (jy kan gaan na ‘n openbare braaiplek)
As jy nie skaam is, sê lekker hard “BRAAIDAG IS MY DAG”
Selfs ok ka labone (selfs of ‘n Donderdag) maak ek soos op ‘n Vrydag…
So dit is vry (so dis ‘n vry dag)
Ons maak dit 'n braaidag en ne maak soos ons mag
Want diz so mzanzi
Lekker tye is tog so maklik in ons landjie
Re rata sonskyn
Gooi vir my tanne, komaan, laat ons a pret maak
Ekke bel Jabba en SGC want in SA Die Heuwels is so Fantasties!

Refrein
Ek hoor daai stemme tot laat die nag
Almal is saam en ons voel oukei, oukei
Ek kyk na almal in die goue lig
Almal is saam en ons voel oukei, oukei
Ek hoor daai stemme x4
Almal is saam en ons voel oukei, oukei x4
Braai, man!!







1 comment:

  1. Skaars het ek die vertaling hierbo geplaas, toe maak ek al weer veranderings. Nou voel ek meer gelukkig met die joppie.

    ReplyDelete